Moerbeibos
by Dalene Matthee
2021-01-10 22:11:00
Italiaanse sywurmboere word ingevoer om ân sybedryf te kom vestig in Gouna se boswêreld, maar moerbeibome verseg om in potklei te groei. In die strawwe boswinter word die verwarde immigrante geteister deur reën, koorssiekte en onbegrip, en...
Read more
Italiaanse sywurmboere word ingevoer om ân sybedryf te kom vestig in Gouna se boswêreld, maar moerbeibome verseg om in potklei te groei. In die strawwe boswinter word die verwarde immigrante geteister deur reën, koorssiekte en onbegrip, en raak hulle al meer verbitter teen die goewerment wat hulle onder valse voorwendsels in die wildernis afgelaai het. Die man wat hulle tot hulp kom, is ân bosmens met ân onregeerbare dogter en ân kop vol planne â die eiesinnige Silas Miggel. Hy wil hulle op ân skip kry, terug Italië toe . . .
Less