'n Lipstiek-lewe

by Kristel Loots

2020-05-07 20:59:14

Op haar een-en-dertigste verjaarsdag besluit Roxy: van nou af wil sy ’n lipstiek-lewe hê, ’n roekelose skelrooi lipstiek-lewe. Want een-en-dertig is die eerste tree ondertoe. Van hier af is dit al die pad afdraand. Só ’n ... Read more
Op haar een-en-dertigste verjaarsdag besluit Roxy: van nou af wil sy ’n lipstiek-lewe hê, ’n roekelose skelrooi lipstiek-lewe. Want een-en-dertig is die eerste tree ondertoe. Van hier af is dit al die pad afdraand. Só ’n lewe behoort nie ’n probleem te wees nie; almal dink in elk geval sy is “flirty” en uitgesproke – grotendeels weens haar blog wat sy onder die skuilnaam Jessica Rabbit skryf. Haar kollega Zander dink sy is Jessica Rabbit in lewende lywe: so sensueel dat sy ’n nat lap aan die brand kan steek. Maar Roxy voel allesbehalwe sensueel. En sy het ’n geraamte of twee in haar kas wat haar flankeerdery en verhoudings elke keer beduiwel. Wanneer Zander se pa, die bekende motiveringspreker Adam Muller, op die toneel verskyn, raak Roxy se lipstiek-lewe nog meer deurmekaar. Zander wil hê sy moet voorgee dat hulle twee uitgaan, en Adam keur dit duidelik nie goed nie. Daar is kleine Janneman wat haar diep in sy kleuterwêreld en -hartjie intrek. En ná al die jare verstaan Roxy en haar ma mekaar nog steeds verkeerd. Nee, méér as net verkeerd. Die enigste sekerheid in Roxy se nuutgevonde lipstiek-lewe blyk Oumalot te wees – totdat dié ook in raaisels begin praat. Of dit nou waatlemoenrooi, skelrooi, posbusrooi of kersierooi is – Roxy se lipstiek begin al meer na oorlogsverf lyk. . . Less

Book Details

Print pages379
PublisherTafelberg
Publication date July 30, 2010
ISBN9780624057017

Compare Prices

Store Availability Book Format Condition Price
Barnes & Noble In Stock NOOK Book NOOK Book Buy USD 8.49
Barnes & NobleIn Stock
Format
NOOK Book
Condition
NOOK Book
Buy USD 8.49
Available Discount
No Discount available

Join us and get access to all
your favourite books

Sign up for free and start exploring thousands of eBooks today.

Sign up for free